Die Tuinier :: Editor's Letter
June 2018
   Die Tuinier

Die winter is voor die deur, die dae raak korter en dit is moeiliker om soggens uit die bed te kom. Met dit gesê, dink ons ons het 'n klompie wonderlike artikels om jou te inspireer om tuin toe te gaan, ongeag hoe donker of koud dit buite is.

Maar voor ons daarby kom, wil ek net graag noem wat 'n ongelooflike sukses ons heel eerste Die Herfstuinskou was wat aan die einde van April in die skouspelagtige tuine van Doonholm-kwekery in Midrand gehou is.

Hierdie skou is in 'n rekordtyd gereël, want as ons eers die idee het, hou ons daarvan om dinge aan die gang te kry! Ten spyte hiervan het alles goed afgeloop, en ons sal beslis daarvan &'n jaarlikse gebeurtenis maak. Ek wil graag Doug en Louis van Doonholm bedank asook hul gewillige personeel wat baie hard gewerk het om die tuine van die kruieplaas so goed as ooit te laat lyk. Wat 'n manjifieke plek was dit toe nie!

My eie span van The Gardener en Die Tuinier, veral Adele, Wendy en Jonathan, het uitstekend gevaar om so 'n interessante en uiteenlopende groep uitstallers byeen te bring wat alles van uitheemse plante en tuinmaakbenodigdhede tot voedsel en drank verkoop het, terwyl ek gedink het die praatjies en tuintoere was alles puik. Wel gedaan, span!

Ek wil ook graag Mayford bedank vir die borg van die (uiters druk besoekte) Gin Terrace, en Atlantic Fertilisers vir die borg van die praatjies.

Laastens wil ek julle almal bedank wat ons skou kom ondersteun het en verseker het dat ons weer volgende jaar terug sal wees.

Maar terug na die tydskrif! Femma en Rick Hackland se tuin is 'n wonderlike voorbeeld van hoe om op 'n moderne, allesomvattende manier met aalwyne tuin te maak. Gaan kyk na die foto’s wat ons van hierdie heeljaaraalwyntuin het!

Ons het dinge ook so 'n bietjie opgekikker in ons gereelde kruieafdeling om dit meer op jou lewe van toepassing te maak. Hierdie maand fokus ons op Pa, en die kruie waarvan hy die beste gebruik kan maak in die huis en tuin (en selfs met bier!).

Moet dus asseblief nie binne sit en wag dat die winter moet verbygaan nie. Gaan uit buitentoe, leer of plant iets nuuts in die wete dat ons dieselfde in ons tuine doen.

Tot volgende maand
Lekker tuinmaak




 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM