WILD & JAG/GAME & HUNT :: Editor's Letter
Vol 24/06 June 2018
   WILD & JAG/GAME & HUNT

Please pass the gun, Dad!
Gee asseblief die geweer aan, Pa!

“Give a man fish and you feed him for a day.
Teach him to hunt and you feed him for a lifetime ...” – Anonymous

Hierdie maand fokus ons op die jeug, veral die jonger outjies, in die
jagveld. Die toekoms van jag hang af van die werwing van jong jagters. Die volgende geslag buitelug- en bosliefhebbers moet ’n passie hê vir jag, anders gaan daar nie genoeg kampvegters wees wat die fakkel verder kan dra nie. Dit is daarom noodsaaklik dat ons hulle toerus en lei om etiese jagters te word. Vandag se jeug gaan verantwoordelik wees daarvoor om die sport lewend te hou deur hulle in die toekoms vir wapen- en jagregte te beywer. Jagters is ook onder die vernaamste aktiviste wat habitatherstel en wildlewebestuur ondersteun.

There are many good reasons to introduce kids to hunting: It is an enjoyable hobby that teaches valuable life lessons, encourages exercise and promotes spending time outdoors. To send your children on a hunting camp, or even better, to take them hunting yourself, is the best way to teach them to appreciate nature and conservation and understand the concept of sustainable utilisation through ethical and legal hunting.

It is critical to teach our children that hunting is about much more than killing. It is also about the excitement before that first hunt, about the beauty of nature, about the overwhelming emotions when kneeling next to your first buck, and about the privilege of sharing this with your father, friends and family.

In hierdie uitgawe bederf ons ons lesers met Jokl le Roux se kostelike vertellinge oor die dae toe hy as jong seun self die veld en die natuur leer ken en leer jag het in “Seunsavontuur” (bl 26) en “Die voorreg om reg groot te word” (bl 16). Die negejarige Cornelius Erasmus deel ook die ervaring toe hy sy eerste bok op Honigfontein, Devon geskiet het (bl 6). Verder vertel die elfjarige Niazell Gräbe in haar eie woorde van haar en haar broer Duvan se swartwildebeesjagtogte (bl 15). En om die jongspan nog meer te inspireer, blaai gerus na bl 74 om te sien hoe goed die jong jagters hul van hul taak in die jagveld gekwyt het.

En laaste maar nie die minste nie: WEN: Op bl 8 bied ons ’n dubbelblad propvol handige produkte wat ’n móét is vir jong jagters, hetsy hulle beginners of al meer ervare in die jagveld is. Onder die opwindende items wat gewen kan word, is ’n BSA-windbuks, camo’s, ’n klomp geskenkbewyse van Wildebees en Sniper, ’n Bushnell-verkyker en Safari Outdoor-geskenkpakke. Moenie hierdie wonderlike pryse deur jou vingers laat glip nie!

Wildbedryfgroete
Game industry greetings

Hennie van der Walt







 

 
  Magazines|New Magazines|Recently Listed|Members Zone|Competitions|Promotions|Get Listed|A-Z Rate Cards|Publishers|About Us|FAQ / Help|Contact Us|Site Map
Privacy| Disclaimer| Publisher's Login| Press Rooms
Copyright Magazines.co.za by Showcase Media TM